Local newsNews

Vuur vernietig kombuis

Die vuur is deur die brandweer geblus in die gang wat na die binnekant van die huis lei.

Vlamme het ’n kombuis op 8 Maart binne 20 minute in Charl Cilliersstraat verwoes.

Me. Constance Geyser het kos op die stoof gesit en na die binnekant van die huis beweeg om haar foon te herlaai toe sy ’n harde plofgeluid hoor.

Volgens haar het die krag dadelik afgegaan en sy het gekyk of almal se krag in die straat af is, maar gou besef dis net hulle huis wat in donkerte gehul is.

Sy het na die kombuis gegaan en vlamme by die stoof se muurprop gesien.

Die vuur is deur die brandweer geblus in die gang wat na die binnekant van die huis lei.

Alles in die kombuis en opwasgedeelte is uitgebrand.

Lees die volledige artikel in volgende week se Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button