Local newsNews

Die man agter die Evert Genis-skietbaan

Die baan is amptelik in 1987 geopen en in gebruik geneem.

Sy pa was die jongste sers.maj. (sammajoor) in die Botha-regiment tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Mnr. Evert Genis het sy opwagting op 18 Julie 1947 uit die huwelik tussen mnr. Evert en me. Lorrie Genis gemaak.

Die plaasskool op Platrand was naby genoeg aan die plaas sodat hy sy laerskoolopleiding daar kon kry.

Aan Morgenzon Landbou Akademie het hy sy skoolloopbaan voltooi.

Mnr. Genis erken hy is ’n boer in hart en siel en dat sy liefde vir skiet ingebore is.

Vra jy of hy destyds te perd vir sy vrou, me. Johanna Genis gaan kuier het, wysig hy jou aanname vinnig, want hy is lugtig vir die pragdiere nadat hy jare gelede van ’n perd afgeval het en sy arm ernstig beseer het.

Sy vrou se innerlike en uiterlike skoonheid het hom aangegryp die dag toe hy haar by ’n vriend se huis op Standerton ontmoet het.

Hy het daardie dag geweet dat hy haar nooit weer sal kan laat gaan nie.

Maak seker om jou uitgawe van volgende week se Standerton Advertiser te kry sodat jy sy storie kan lees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button