Local newsNews

JD baklei terug

“Ek glo ek gaan ten volle herstel,”

Die 23-jarige JD Clayton van Standerton is in ’n rolstoel gekluister na die diagnose van Guillain-Barre Sindroom.

Hy is eers op 15 April verlede jaar uit die Steve Biko Hospitaal ontslaan, nadat hy twee maande in ’n koma was.

Hy het vir 366 dae dié hospitaal sy tuiste genoem en het die hoësorgeenheid as puik beskryf.

Guillain-Barre Sindroom is ’n rare siekte waar die immuunstelsel deur die senuwees sodanig beïnvloed word dat dit tot verlamming kan lei.

JD, wat die rolstoel leen, kan hom egter self daarop en daaruit kry en kan al sy hande gebruik.

“Ek glo ek gaan ten volle herstel,” het hy gesê.

Na ’n streng roetine van binneaarse voeding en selfs ’n gat deur sy maag om voeding te gee, lyk die situasie nou anders.

“Ek het nog nie een pil gedrink vandat ek uit die hospitaal is nie.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button