CrimeEditor's choiceNewsSchools

Skole word herhaaldelik deur diewe geteiken

Twee Bethal-skole is in die afgelope maand beroof.

Diewe het verlede maand by twee plaaslike skole ingebreek.

Jim van Tonderskool het op 24 Maart onder diewe deurgeloop en Bethal Independent Primary School twee weke vantevore.

Die polisie het verneem dat daar by Jim van Tonderskool ingebreek is nadat die persoon wat die gebou gesluit en die alarm geaktiveer het, die volgende oggend gevind het dat iemand die perseel se deure oopgebreek het.

Die administratiewe geboue van dié skole was in albei gevalle die teikens en soortgelyke items is gesteel.

“Die polisie vra die gemeenskap om nie gesteelde goedere te koop nie en om mense wat gesteelde goedere verkoop, dadelik by die polisie te aan te meld,” het konst. Thomas Mogadime, polisiewoordvoerder, gesê.

Die saak word nog ondersoek en die polisie vra dat mense met inligting wat tot die inhegtenisneming van die diewe kan lei, hulle sal skakel by 017 647 9929/30.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button