6 Wenke om te verhoed om ‘n slagoffer van OTM en kaartbedrog te word
Kaartbedrog het veralgeneem en neem toe in vakansietye en enige iemand kan 'n slagoffer word.

Kaartbedrog het veralgeneem en neem toe in vakansietye en enige iemand kan ‘n slagoffer word. Met Paasnaweek om die draai, kan diĆ© wenke gebruik word om jou swaarverdiende geld veilig te hou.
1.Gebruik veilige OTMs.
Gebruik OTMs in gebiede wat goed belig is en wat deur CCTV-kameras dopgehou word. Vermy ook OTMs as dit voorkom of daar met die masjien gepeuter is.
2. Hou jou kaart dop.
Moet nooit jou bankkaart uit jou sig laat nie. Wanneer daar geen drabare kaartmasjiene beskikbaar is nie, moet jy liefs jou kaart na die betaalpunt vergesel.
3. Vra vir strokies wanneer ‘n transaksie onsuksesvol was.
Indien ‘n transaksie by ‘n restaurant onsuksesvol was, vra ‘n strokie aan sodat jy kan bevestig of die eetplek se naam op die strokie verskyn. Indien nie, kan die vals masjien jou kaartbesonderhede steel.
4. Wees op die uitkyk vir ongewone transaksies deur jou SMS-kennisgewings en bankstate dop te hou.
5. Maak seker jy kry jou eie kaart terug na ‘n transaksie voltooi is.
6. Pas jou PIN-nommer op.
Moet nooit jou PIN-nommer in jou foon stoor of in jou beursie hou nie.



