NewsSchools

Leerders van Curro skenk aan liefdadigheidsorganisasies

Curro Secunda-leeders skenk geld.

Curro Secunda het op 21 April geld wat deur die leerders van die skool vir die Random Acts of Kindness ingesamel is, aan verskeie welsynsorganisasies oorhandig.

Voor die oorhandiging het Little Paws Big Hearts met die leerders gesels oor hoe om ’n verantwoordelike troeteldiereienaar te wees.

Die doel van die projek was om leerders aan te spoor om meer dade vir liefdadigheid te doen.

Elke leerder het ’n klein plastiek ark onvang en moes dit met kleingeld vul en dit aan die organisasie van hul keuse skenk.

Die leerders het besluit om die geld aan Kansa, Marietjie Skool, die DBV, Solidariteit Helpende Hand en Little Paws Big Hearts te skenk.

Curro Secunda het elke leerder en ouer bedank wat met dié geldinsamelingveldtog gehelp het en hoop dat die donasies elkeen van die organisasies sal help.

 

Leerders van Curro Secunda het die geld wat hulle tydens die skool se Ark-projek ingesamel het, aan die Hoëveld DBV, Little Paws Big Hearts en Solidariteit Helpende Hand op 21 April oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button