NewsSchools

Jong skaakspelers maak die regte skuiwe

Vyf van Laerskool JJ van der Merwe se skaakspelers is deur na die Gert Sibande Toernooi wat later die maand plaasvind.

Laerskool JJ van der Merwe se skaakspan het die naweek aan die 0/13 seun-en dogter skaaktoernooi in Ermelo deelgeneem.

Vyf van die JJ-span het deurgedring na die Gert Sibande Skaaktoernooi wat 20 Mei plaasvind.

Die top ses spelers in elke afdeling het deurgedring na die Gert Sibande toernooi  waar hulle uitdunrondes sal speel om vir die Mpumalanga Kampioenskap te kwalifiseer.

In die seuns-afdeling het JJ se spelers met die eerste vier plekke weggestap: Otto van Schalkwyk het eerste geëindig met 4.5/5 spelle en in die tweede plek was sy jonger broer Jan-Maarten ook met 4.5/5 spelle.

Edrih Beyer en Dirk Maritz was onderskeidelik derde en vierde, albei met 4/5 spelle.

In die dogters-afdeling het Jyotikka Bhika vyfde geëindig met 3.5/5 spelle

Al vyf is deur na die Gert Sibande Toernooi wat later die maand plaasvind.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button