CrimeEditor's choiceNewsBreaking News

Gesin op plaas buite Bethal aangeval

Mnr. Willie van der Merwe (58) is met 'n byl van agter af aangeval en is ook met 'n kleinkaliberwapen in die been geskiet.

Die Van der Merwe-gesin is op 10 Mei net na 1vm deur vyf mans op hul plaas net buite Bethal oorrompel.

Mnr. Willie van der Merwe (58) is met ‘n byl van agter af aangeval en is ook met ‘n kleinkaliberwapen in die been geskiet.

Hy word tans behandel vir sy wonde.

Sy vrou, me. Nicolene van der Merwe (48) en dogter, me. Zelmari van der Merwe (19), het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Dit blyk of die aanvallers deur ‘n kombuisvenster toegang tot die huis verkry het.

Na die gesin beroof is, is hulle deur die aanvallers in die huis se inloopkluis toegesluit.

Drie selfone en vyf wapens is tydens die voorval gesteel.

Die inbrekers het met die gesin se wit dubbelkajuitbakkie gevlug.

Langamed Ambulansdienste, ER24, die polisie en die gemeenskap was gou op die toneel om die gesin by te staan en te help.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Lees ook: ‘Hulle wou my doodskiet’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button