“Vrouens vermy die winkelsentrums” vals WhatsApp boodskap doen die rondtes
Alhoewel dit altyd n moontlikheid is dat vroue en selfs mans ontvoer kan word, moet ons versigtigs wees ten alle tye; maar pasop vir boodskappe wat nie op feite gegrond is nie.

Die WhatsApp boodskap lees as volg (Hou asb in gedagte dat die boodskap VALS is).
Vrouens wees asb gewaarsku. Daar is ñ sindikaat wat hul toespits op alleen vrouens in die dorp. Sorg asb dat jy nie alleen winkels toe gaan nie. Nie by die mall nie en nie eers Palms of Ok of Sollys toe nie.
Nie as jy alleen is nie. Sorg asb altyd dat jy eerder saam ñ man gaan. Die target is om alleen vrouens te ontvoer en te verkrag. Wees asb op jul hoede.
“Alhoewel dit altyd n moontlikheid is dat vroue en selfs mans ontvoer kan word, moet ons versigtigs wees ten alle tye; maar pasop vir boodskappe wat nie op feite gegrond is nie. Dit saai paniek, wanneer daar iets ernstigs gebeur sal niemand dit wil glo nie omdat mense wolf skree,” het Secunda 911 op die Facebook blad gewaarsku.




