NewsSchools

Drie netbalspanne van Laerskool Standerton presteer

Die eerstespan,sowel as die 0/11-span, het as wenners uit die stryd getree.

Laerskool Standerton se drie A-netbalspanne het onlangs gekwalifiseer om op 9 en 10 Junie aan die Mpumalanga Kampioenskap in Mbombela (Nelspruit) deel te neem.

Die eerstespan, sowel as die 0/11-span, het as wenners uit die stryd getree, terwyl die 0/12-span as naaswenners van die baan gestap het.

Die 0/11A-span van Laerskool Standerton is (voor0 Danika Steyn, Junè Lombard, mnr. Rudi Hamman (hoof), Prosperity Shabalala en Thando Mfusi. Agter is me. Elsie Hamman (netbalorganiseerder), me. Lucinda Lombard (afrigter), Esmè van der Merwe, Teninke van Niekerk, Aneske Ferreira, Taylor Ritchie en me. Charlotte Gouws (afrigter).
Die 0/12A-netbalspan van Laerskool Standerton is (voor) Lynn-Mari van der Walt, Danika du Preez, mnr Rudi Hamman (hoof), Phumla Mbuli en Moipone Khanye. Agter is me. Elsie Hamman (netbalorganiseerder), Lirina Pretorius, Megan Steyn, Duanè Steyn, Janomi Mynhardt en me. Iana Stroebel (afrigter).
Die 0/13A-netbalspan van Laerskool Standerton is (voor) Jana Swart, Jacolien du Preez, mnr. Rudi Hamman (hoof), Leanè Geusteyn en Jolanke Wallis. Agter is me. Elsie Hamman (netbalorganiseerder), me. Riana Nel (afrigter), Zandrè van Wyk, Danika Vorster, Simonè Oberholzer, Judy Foley, en me. Wiets Butler (afrigter).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button