Hoërskool Ermelo se eerste seunshokkiespan het ‘n suksesvolle ligaseisoen beleef.
Hul oowinning van 6-0 verlede week teen Ligbron Akademie van Tegnologie die spreekwoordelike kroon gespan. Hulle het die volgende dag ook daarin geslaag om Hoërskool Piet Retief 3-0 te klop.
Die Erries is onoorwonne ná ses ligawedstryde met 22 doele vir en slegs drie doele teen hulle.
Dit maak die EHS se eerste seunshokkiespan 2017 se welverdiende ligawenners.
Die 0/16’s se laaste twee ligawedstryde het ook verlede week plaasgevind. Teen Ligbron het hulle gelykop gespeel in’n wedstryd waar geen doele aangeteken is nie, maar het Hoërskool Secunda 6-0 geklop.
EHS se 0/16-span is ook onoorwonne in vanjaar se seisoen en is as ligawenners vir hulle ouderdomsgroep gekroon.
Uitspeelwedstryde vir die Mpumalanga-halfeind-en eindstryde vind op 3 en 10 Junie in Nelspruit plaas.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



