NewsSchools

Ligbron netbalspan eerste in Gert Sibande

Met die prestasie het hulle eerste in Gert Sibande geëindig en dring deur na die Kay Motsepe Play-Offs.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se O/15 A-netbalspan het Saterdag, 27 Mei, aan die Gert Sibande-uitspeelwedstryde vir die A-spanne deelgeneem.

Die Liggies het hulle wedstryd teen Hoërskool Secunda met 19-11 gewen en het hulle wedstryd teen Hoërskool Ermelo met 17-4.

Met die prestasie het hulle eerste in Gert Sibande geëindig en dring deur na die Kay Motsepe Play-Offs wat op 19 Augustus in Middelburg sal plaasvind.

Die Kay Motsepe Play-Offs is vir al die O/15 A-netbalspanne wat in die grootskoolleliga deelneem.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button