
Ligbron Akademie vir Tegnologie bring weer van 7 tot 12 Augustus ‘n musiekblyspel op die planke in samewerking met hul hoofborg, Hollard.
Die organiseerders belowe dat, soos in die verlede, dié produksie weer die gehoor se tone gaan laat krul van lekkerkry.
“Putting it Together The Musical” se storielyn is gebaseer op SA’s Got Talent, wat voorsiening maak vir dans, sang en toneelspel, baie drama en komedie.
Signature, ‘n professionele produksiespan van Nelspruit, is ingespan om dié produksie saam te stel.
Mnr. Heinrich Burmeister van Ligbron staan aan die hoof van dié glinsterproduksie.
78 van Ligbron se leerders gaan spog met hul talente en die opvoering beloof om iets vir elkeen se smaak te bied.
Kaartjies is van Maandag, 19 Junie by Ligbron se algemene kantoor beskikbaar teen R85 (7 tot 10 Augustus) en R100 (11 en 12 Augustus) per persoon.
Saterdagaand, 12 Augustus dien ook as die gala-aand en beloof om ‘n spoggerige geleentheid te wees.
Die produksie word in Ligbron se nuut opgeknapte saal aangebied en die vertoning sal saans stiptelik om 18:30 vir 19:00 begin.
Almal word genooi om die produksie by te woon.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



