NewsSchools

Twee Erries in 0/16-Pumaspan by Grant Khomo-toernooi

Walter het as losskakel en Mitchelson as slot vir die Pumas op die veld gedraf.

Twee van Hoërskool Ermelo se 0/16-rugbyspelers, Walter Visser en Mitchelson Mkhwanazi was deel van die Pumaspan wat verlede week aan die Grant Khomo-toernooi in Bloemfontein deelgeneem het.

Walter het as losskakel en Mitchelson as slot vir die Pumas op die veld gedraf en elke uitdaging Errie-guts hanteer.

Die Pumas het al drie hul wedstryde verloor, SWD het hul 39-24, Vrystaat XV 48-24 en die Griquas 24-12 geklop.

Ten spyte van die nederlae het die spelers steeds hul harte uitgespeel en die geleentheid geniet, die EHS is trots op Walter en Mitchelson wat die skool se naam hooggehou het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button