NewsSchools

EHS langasems presteer in landloopliga

Die Junior Dogterspan wen hul afdeling, Jana Nel kom tweede, Chantelle Swart derde, Elizia van Heerden sewende en Nadia Kluyts behaal ’n sewentiende plek.

 

Op Woensdag, 2 Augustus, het die Erries deelgeneem  aan die tweede Landloopliga wat  by Hoërskool Volksrust plaasgevind het.

Twaalf skole het op die dag deelgeneem deelgeneem en  die Erries uitstekend gevaar.

Die Junior Dogterspan wen  hul afdeling,  Jana Nel kom tweede, Chantelle Swart derde, Elizia van Heerden sewende en Nadia Kluyts behaal ’n sewentiende plek.

In die Junior-seunspan behaal Charis Brundyn ’n sewende plek, Goodman Khumalo ’n negende plek en Ruan du Toit kom elfde.

Niëline Joubert wat ’n tiende plek behaal het en Junicke Broekman wat ’n vyftiende plek behaal het, is albei lede van die Senior Dogterspan.

Vir die Erries se Senior Seunspan het Luyanda Mabuza ’n vyfde plek behaal.

Die volgende byeenkoms vind Donderdag, 10 Augustus by Carolina  plaas.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button