NewsSchools

Erries-krietek goed op dreef

In hul kolfbeurt het die EHS slegs 13 boulbeurte sonder die verlies van 'n paaltjie benodig om die wedstryd met 10 paaltjies te wen.

Die 0/14A-krieketspan van EHS het verlede week teen Curro Secunda te staan gekom.

Secunda het eerste gekolf, maar kon slegs 48 lopies in hul beurt aanteken.

Danie Theron en Lourens Erasmus het albei drie paaljies in hul boulbeurte platgetrek.

Die Erries het die telling in die sesde beurt met net een paaltjie plat verbygesteek en die wedstryd met nege paaltjies gewen.

Christiaan Arnoldi en Arend Fourie was die uitblinkers met die kolf.

Saterdag het die 0/15A-span op hul tuisveld teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom.

Die Erries het die loot gewen en besluit om te boul.

Tristen Küsel se 6/16 in vyf boulbeurte het die besoekers tot 70 lopies beperk voordat almal uitbeboul is.

In hul kolfbeurt het die EHS slegs 13 boulbeurte sonder die verlies van ‘n paaltjie benodig om die wedstryd met 10 paaltjies te wen. Die openingspaar Tom Slabbert en André Dale Groenewald het onderskeidelik 39 (n.u.n.) en 21 lopies (n.u.n.) aangeteken.

In die derde ligawedstryd van die week het die Erries en Ligbron se eerstes mekaar die stryd op Ligbron se velde aangesê.

Ligbron het eerste gekolf en sterk begin, maar die Erries se boulers het teruggeveg en die tuisspan vir 211 lopies uitgeboul.

Die uitblinkers met die bal was Ruan Grobler (4/12 in vyf beurte) en Ruan Labuschagne (3/ 29 in sewe beurte).

In hul kolfbeurt het die EHS Ligbron se telling in die 33ste beurt verbygesteek en die wedstryd met vyf paaltjies gewen. Jean-Jacques Janse van Rensburg (53) en Stefan Kemp (39) het uitgeblink met die kolf.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button