NewsSchools

Liggie-langasems eindig tweede by Interhoër

Verskeie Liggies het ook onder die top 10 atlete van hulle ouderdomsgroepe geëindig.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se landloopspanne het verlede Woensdag,deelgeneem aan die jaarlikse interhoër-landloopbyeenkoms by Hoërskool Ermelo.

Die Liggies het met die tweede plek weggestap.

Hoërskool Standerton het vanjaar die eerste plek ingeneem met Hoërskool Secunda in die derde plek.

Verskeie Liggies het ook onder die top 10 atlete van hulle ouderdomsgroepe geëindig.

In die junior meisiesafdeling het Masibulele Mndebele die sewende plek behaal en in die junior seunsafdeling het WJ Vorster ’n tweede en Siyabonga Mngomezulu ’n agste plek behaal.

In die senior meisiesafdeling het Annatjie Bibbey die vyfde plek ingeneem en Annika Jacobsz die negende plek en in die senior seunsafdeling het Juan Niebuhr ’n vierde plek verower en Edward Jacobs’n 10de plek.

Onder die A-interhoërspanne het Ligbron se junior meisies die derde plek verower, die junior seuns die tweede plek, die senior meisies die vierde plek en senior seuns ’n derde plek.

Onder die B-interhoërspanne het die junior meisie- en senior seunspanne albei die eerste plek ingeneem.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button