NewsSchools

Erries Fast Five-netbal wen Gert Sibande-toernooi

Na ‘n gelykop-eindtelling speel dié spanne ekstra tyd en die Erries wen met 6-3

Drie Errie-netbalspanne het Dinsdag, 29 Augustus, in Standerton gaan deelneem aan Gert Sibande se heel eerste Fast Five-toernooi.

Die o/15 A1-span, asook die o/17 A2-span het ongelukkig vasgeval tydens hulle groepwedstryde, nietemin is puik netbal gespeel.

Die o/17 A1-span speel skitterende netbal. In die finaal kom hulle teen Ligbron Akademie vir Tegnologie te staan.

Na ‘n gelykop-eindtelling speel dié spanne ekstra tyd en die Erries wen met 6-3!

Die EHS se o/17 A1-span maak dus geskiedenis deur hierdie nuwe toernooi te wen en gekroon te word as die o/17A – Gert Sibande-wenners van Fast Five-netbal.

Geluk aan die dogters en baie sterkte met julle wedstyde in die Mpumalanga-toernooi!

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button