Edward glo die Here het hom geroep om vir die Afrikaanse volk te bid en hulle te bedien
Hy beplan om binnekort ’n groot saamtrek op Bethal aan te bied waar hy ook vir mense gaan bid vir genesing.
BETHAL – Mnr. Edward Faro (62) glo die Here het hom geroep om spesifiek vir die Afrikaanse volk te bid en hulle te bedien.
Hy het as konstruksievoorman gewerk voordat die Here hom geroep het om voltyds evangelis te word.
Mnr. Faro het gesê sy eerste dorp is Bethal en hy beplan om vandaar na verskeie ander dorpe te gaan en vir mense te bid.
“Ek het reeds verskeie wonderwerke in hospitale gesien gebeur en mense wat uit rolstoele opgestaan en begin loop het nadat ek vir hulle gebid het. Maar dit is nie ek nie, dit is die Here wat genees.”
Hy het vir mense in hospitale gebid en toe hy ’n paar dae later teruggegaan het om hulle te besoek, was hulle reeds ontslaan.
Die Here het agt jaar gelede in ’n visioen met mnr. Faro gepraat en hom opdrag gegee om vir siekes te bid.
“Toe ek 22 jaar oud was, het ek al vir die Here gevra om my die gawe te gee om mense gesond te bid.”
Mnr. Faro was ’n paar jaar gelede in ’n motorongeluk en het al die beentjies in sy voet gebreek, maar dit eers later agtergekom.
“Ek het met die pyn vir maande geloop en het eers later, nadat ek by die dokter was, besef die beentjies in my voet is gebreek.”
Die Here het mnr. Faro egter genees en hy is vandag sonder pyn en kan normaal loop.
Hy het Living Water Ministries begin en bedien Sondae mense saam met ander kerke en gemeentes op eMzinoni en in die omgewing.
Hy beplan om binnekort ’n groot saamtrek op Bethal aan te bied waar hy ook vir mense gaan bid vir genesing.
Vir meer inligting of as jy hom wil ondersteun, skakel hom by 073 835 9169.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



