NewsSchools

EHS gestreepte baadjie simboliseer leierskap

Vir die afgelope sewe jaar het die gestreepte baadjie die matriekbaadjie geword wat leierskap simboliseer.

Die streepbaadjie was vir baie jare die amptelike skoolbaadjie van die EHS.

Later het dit verander na die huidige effekleur groen baadjie.

Vir die afgelope sewe jaar het die gestreepte baadjie die matriekbaadjie geword wat leierskap simboliseer.

Gedurende 2010 het die eertydse hoof, wyle mnr. Bok Martins, begin om die geliefde streepbaadjie terug te bring.

Dit is nou tradisie dat slegs die gr. 12-leerders die baadjie dra.

Aan die einde van die Erries se gr.11-jaar, vind ’n baie besonderse Baadjieseremonie in die ouditorium plaas.

Die kode vir elke leiergroep word voorgehou vir die dra van dié baadjie in gr. 12 as die leiergroep van die skool. Die leerders word in groepe na die verhoog geroep en dan is dit die ouers se voorreg om die baadjie vir hul kind aan te trek.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button