
‘n Oud-Errie, Elizabeth Bosch, wat verlede jaar aan die EHS gematrikuleer het, is tans ‘n student by die Noordkampus van die Universiteit van die
Vrystaat waar sy vir haar BA-graad in Beeldende Kunste, Kunsgeskiedenis en Duits studeer.
Tydens die universiteit se Prestige Prysseremonie op Vrydag, 13 Oktober het sy die 11de plek onder die top 50 studente aan die universiteit behaal.
Dié top 50 verteenwoordig die studente van eerste tot finale jaar en alle fakulteite.
Elizabeth het ook derde plek verower in die fakulteit Geesteswetenskappe.
Sy is ook onlangs bekroon as die nommereen-student van haar koshuis.
Met dié toekenning het sy voortgebou op haar puik matriekuitslae.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.




