
Die Departement van Onderwys het op Woensdag, 8 November, die gr.12-kunsleerders van EHS se praktiese take gemodereer.
Daarna was die kunswerke op uitstalling om deur die publiek besigtig te word.
Die leerders het vier praktiese assesseringstake (PAT) deur die loop van die jaar gehad en elke taak het sy eie tema gehad.
Die Pratiese Asseseringstake (PAT) 1 se tema was Klere, PAT 2 Hande, PAT 3 Breekbaar en PAT 4 Blou.
Die leerders kon dié temas interpreteer soos hul goeddink.
Leerders moes skep en eksperimenteer in hul bronboeke, waaruit hul dan ’n finale kunswerk moes skep.
Volgens die skolewoordvoerder is elke kunswerk is van hoogstaande gehalte en die leerders het voorwaar unieke, kreatiewe werke geskep.
Chriselma van den Bergh, Hermie Odendaal, Armand Koekemoer, Stembiso Kananda en Karabo Motsoahole se werke is uitgestal.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



