NewsSchools

Marieta Pretorius tree na 33 jaar by Hoërskool Standerton af

Die skool se boodskap het haar lojaliteit, liefde en behulpsaamheid onderstreep en haar ’n wonderlike aftrede toegewens

Me. Marieta Pretorius het na 33 jaar by Hoërskool Standerton (SHS) haar kantoorpligte vaarwel toegeroep.

Volgens die skool sal hulle vanaf 2018 sonder dié steunpilaar moet klaarkom wat diep spore by SHS getrap het.

Me. Pretorius het in 1970 by dieselfde skool gematrikuleer en vanaf 1984 in die administratiewe kantoor gewerk.

Sy het saam met vier skoolhoofde gewerk en was die persoonlike assistent van mnr. Hennie Pretorius sedert 2000 sowel as mnr. Pierre Marais sedert 2016.

Me. Pretorius was ook vir 18 jaar lank ’n inwoner van Huis Dagbreek.

Die skool se boodskap het haar lojaliteit, liefde en behulpsaamheid onderstreep en haar ’n wonderlike aftrede toegewens.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button