NewsSchools

Laerskool Kruinpark ondersteun ATKV se strikkeprojek

Koop volgende jaar ’n strik en ondersteun kankerpasiënte.

Die ATKV Kosmosrand se vrouetak se strikkeprojek het einde November geëindig en sal weer volgende jaar aangebied word.

Dié organisasie ondersteun egter regdeur die jaar steeds kankerpasiënte en bied ondersteuning in die vorm van finansiële bydraes en emosionele bystand.

Laerskool Kruinpark het dié projek vanjaar weer eens ondersteun en me. Tracey van Wyk, voorsitter van die vrouetak, het die skool, ondernemings en mense wat betrokke was, vir hul ondersteuning bedank.

“Almal word deur kanker geraak en ons is toegewys om jaarliks die strikkeprojek te ondersteun,” het me. Mariana Victor van Laerskool Kruinpark gesê.

“Laerskool Kruinpark maak ’n verskil deurdat hulle ons projekte ondersteun,” het me. Van Wyk gesê.

Vir meer inligting of om by die projek betrokke te raak, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button