Al is mnr. Danie Heese reeds vir meer as drie dekades ’n onderwyser, het hy op Woensdag, 17 Januarie net so nuut gevoel soos die gr. 1-leerders wat opgedaag het vir hul eerste dag van hul skoolloopbaan.
Mnr. Heese het die skooljaar afgeskop as waarnemende hoof van Laerskool Kruinpark en het Woensdag die grootste gedeelte van sy dag bestee om die klaskamers te besoek, die kinders te ontmoet en met die onderwysers te gesels.
Mnr. Heese was die laaste 13 jaar die hoof van Laerskool Hoëveld op Evander en beskou die skuif na Kruinpark as ’n opwindende uitdaging.
Sy onmiddellike doelwit is om standvastigheid by die skool te skep.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



