Vuiste het Saterdag in die vroeë oggendure ná aanloop van ’n geldinsamelingsfunksie geklap tussen ouers van ’n plaaslike laerskool.
Die funksie waarop Bakkies Botha een van die gaste was, is Vrydagaand deur die skool se ouerondersteunersklub aangebied.
Dit het reeds klaargemaak toe die twee ouers, albei se swaers en nog vriende mekaar bygedam het.
Na wat verneem word, het die onderonsie ’n aanloop van bykans drie jaar weens ’n sakeverhouding wat versuur het.
Terwyl een van die mans en sy swaer Saterdag in die hospitaal opgeneem is weens beweerde beserings, het die ander man ’n aanrandingsklag by die polisie aanhanging gemaak.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



