
Op Vrydag, 16 Februarie het Hoërskool Ermelo aan die Hoëveld Uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem en met 746 punte as die wenners uit die stryd getree.
Hulle het teen Hoërskool Rob Ferreira, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoërskool Oosterland en Hoërskool Middelburg meegeding.
Dié byeenkoms is vanjaar 100 jaar oud en deur Hoërskool Middelburg aangebied.
Die 113 Errie-atlete het hul baie goed van hul taak gekwyt met die 43 goue, 32 silwer en 31 brons medaljes wat verower is.
Lees ook: Erries hou swierige Valentynsbal
Die volgende atlete het trofees ontvang:
Beste worpe (Dogter): Amy Greyling – Gewigstoot (D 0/16) met ’n rekordafstand van 12,68m en 902 ASA-punte.
Beste Hekkies (Dogter) Lana Herholdt – 90m-Hekkies (D0/15) in 14.26 sek en 819 ASA-punte.
Beste Middel en Langafstand Dogter: Caylin Loock – 3000m (D0/17) in 11 min 30,42 sek en 770 ASA-punte.
Sy is nou eers deel van die 0/14-groep, maar het in die 0/17-afdeling deelgeneem.
Junior Victrix Ludorum: Lana Herholdt met ‘n totale ASA-punt van 2985.
Die volgende wisseltrofee is ook deur die Erries gewen: Beste Dogterspan Interhoër-wenspan.
Die seuns het die eerste plek met 18 punte misgeloop.
Met die aflosse het die Erries se 0/19-dogters gewen en die seuns ’n tweede plek behaal.
Hulle het ook drie tweede plekke, een derde en twee vierde plekke behaal.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter



