Jong sjefs gaan weer die kans kry om sake agter the kospotte uit te spook eerskomende Saterdag.
Hoërskool Oosterland kroon dan weer hul jaarlikse Oosie-sjef in die kompetisie wat deur die verbruikerstudieklasse aangebied word.
Tannie Poppie Coetzer, Kriel se bekende kosmaker en deelnemer aan die KykNetprogram “Kokkedoor”, is weer eens die aanbieder.
Sy gaan ’n demonstrasie lewer oor nageregte.
Lindie Stander, gebeurekoördineerder van ’n plaaslike bank, gaan leerders toespreek oor voorgeregte.
Vanjaar se tema is partytjies en deelnemers moet hul tafels versier om Hoërskool Oosterland se 30ste verjaardag te vier.
Die kompetisie is vanaf 8vm tot 1nm.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



