NewsSchools

Ligbron-seunshokkie speel vriendskaplike wedstryde teen Hendrina

Ligbron Akademie vir Tegnologie se seuns-hokkie span berei voor vir die komende seisoen.

Ligrbon Akademie vir Tegnologie se seunshokkiespanne het op Woensdag, 14 Maart vriendskaplike wedstryde teen Hendrina Gekombineerde Skool op Ligbron se Astro-hokkiebane gespeel.

Lees ook: Liggie-atlete dring deur na Suid-Afrikaanse kampioenskap

Albei skole het die wedstryde as voorbereiding gebruik vir die liga wat vroeg in die tweede kwartaal begin.

Die 0/14’s het gelykop gespeel met geen doele elk, terwyl die 0/16’s met 3 – 0 geseëvier en die eerstespan hulle wedstryd oortuigend met 4 – 0 gewen het. Ligbron het elke leerder en ouer, wat spelers langs die veld aanmoedig, bedank.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button