NewsSchools

Curro Secunda spog met nuwe sportgronde en klasse

Kenner van Nederland ontwerp skool se nuwe hokkiebaan.

SECUNDA – Curro Secunda het onlangs die nuwe gebou vir die grondslagfase-leerders klaar gebou.

Dié gebou sluit 10 klasse wat met elektroniese borde toegerus is, in.

Daar is ook ’n kunsmatige grasspeelgrond om die leerders wat allergies is vir gras, te akkommodeer.

Hulle het ook hul kleuterskoolafdeling, Curro Castle, opgegradeer met opvoedkundige klimrame wat leerders se fyn metoriese bewegings oefen, asook afdakke.

Curro Secunda se nuwe Astro-hokkieveld is ook onlangs klaar gebou en is die enigste hokkieveld van sy soort in Mpumalanga.

Mnr. Bus Lodewijk van Nederland, wat al meer as 300 hokkievelde ontwerp het, het ook Curro Secunda se nuwe Astro-hokkieveld ontwerp.

Dit was mnr. Lodewijk se 27ste hokkieveld wat hy in Suid-Afrika ontwerp het.

Curro Secunda spog ook met ses nuwe tennis- en netbalbane, krieketnette en ’n sokker- en rugbyveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button