CrimeLocal newsNews
Bethal-egpaar verskyn weer op aanklagte van seksuele misbruik
Saak is uitgestel tot 30 Mei.
BETHAL – Die pa wat sy vyf kinders glo sedert 2005 seksueel aangerand het, het op 20 Maart in die Secunda Streekshof verskyn.
Hy en sy vrou word van molestering en versuiming om ’n saak aan te meld, aangekla.
Die kinders is destyds uit die egpaar se sorg verwyder, maar besoekregte is weer later aan die ouers toegestaan, waarna die mishandeling weer begin het.
Van die kinders het reeds in die hof getuig en die saak is tot 30 Mei uitgestel.
Lees ook: Bethal-egpaar wat glo kinders seksueel aanrand weer in hof in Maart
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



