MunicipalNews

Haweloses hou kop bo water by ou dorpsswembad

Die gebou is verdeel in woonkwartiere waar dit blyk of ander haweloses ook uitkampeer.

Hawloses het by die ou dorpswembad ingetrek en die infrastruktuur versleg by die dag.

Mnr. Jandré Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste en die Standerton Advertiser, het op 5 April ondersoek ingestel en gevind dat die perseel oorgroei en gevandaliseer is.

’n Hawelose man is hier gevind en het aan mnr. Kasselman vertel dat hy toestemming van ’n sekere mnr. Sithole van die Lekwa Munisipaliteit ontvang het om in die gebou te bly.

Met verdere ondervraging kon hy egter nie die munisipale beampte se naam óf posisie wat dié persoon beklee, spesifiseer nie.

Die gebou is verdeel in woonkwartiere waar dit blyk of ander haweloses ook uitkampeer.

Leë bierbottels en modetydskrifte is ook langs een van die gehawende matrasse opgemerk.

Skoenmerke binne die gebou wat tot by die dak lei, was volgens mnr. Kasselman ’n aanduiding van iemand wat moontlik reeds van die metaal en pype in die dak probeer stroop het om as skrootmetaal te verkoop.

 

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button