Dit is ’n algemene siening by meeste inwoners dat goeie munisipale dienste lankal begrawe is en as jy die begraafplaas wil besoek wáár dit begrawe is, sal jy tussen toegegroeide grafte moet gaan kyk.
Die begraafplaas in Walter Sisulurylaan, Meyerville en die ou begraafplaas, oorkant die skouterrein, haal gereeld die koerante, hetsy dit nou is wanneer weldoenners besluit om skoon te maak of wanneer daar oor die chaotiese toestand berig word.
Die ou begraafplaas blyk die enigste uit die drie te wees wat volgens meeste mense se standaarde, as aanvaarbaar beskou kan word.
Die rede hiervoor kan moontlik toegeskryf word aan boere van die omgewing, ondernemings, Lekwa Clean Up Crew asook inwoners wat op 21 Februarie moue opgerol het om skoon te maak vir die begrafnis van mnr. Hans Meyer wat tydens ’n plaasaanval vermoor is.
Rommel, toegegroeide grafte en beeste en bokke wat wei, is ’n prominente verskynsel by die begraafplaas in Walter Sisulurylaan en Meyerville.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



