MunicipalNews

Vaalrivier vat groot slukke riool

Riool vloei en versamel ook op 'n grondpad langs Mullerstraat, maar die grootste kommer bly egter dat dit onder die Meyervillebrug in die Vaalrivier invloei.

Die Vaalrivier se mond staan wawyd oop en riool wat by ’n mangat borrel en uitstroom in Mullerstraat agter die moskee, vloei daarin.

Die Lekwa Munisipaliteit het al voorheen belowe om hul loodgieters te stuur om ondersoek in te stel, maar die probleem het intussen weer kop uitgesteek.

Riool vloei en versamel ook op ‘n grondpad langs Mullerstraat, maar die grootste kommer bly egter dat dit onder die Meyervillebrug in die Vaalrivier invloei.

Die oorweldigende reuk van die riool kan ook nie deur sakelui in die gebied geïgnoreer word nie.

AfriForum het hoeka ’n jaar of wat gelede ’n rioolpyp in dié gebied vervang nadat die organisasie ontdek het dat riool in die Vaalrivier invloei.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button