MunicipalNews

VIDEO: Lekwa kommunikasiebestuurder beweer pompstasie herstel, onderhoud in die ‘pyplyn’

Me. Mtshiselwa verwys dus na die pompstasie wat herstel is en alvorens instandhouding nie gedoen is nie, sal riool steeds die Vaalrivier besoedel.

Volgens die munisipale kommunikasiebestuurder, me. Thobeka Mtshiselwa, kan die vloei van riool in die Vaalrivier, aan vandalisme by die pompstasie in Mullerstraat toegeskryf word.

Die Standerton Advertiser het verlede week oor die riool agter die moskee berig.

Lees die berig hier: Vaalrivier vat groot slukke riool

Volgens haar is die pompeenheid intussen herstel en die rioolpompstasie funksioneer nou na wense.

In ’n opvolg-epos, is gevra wanneer dié herstelproses plaasgevind het, maar sy kon nie teen druktyd reageer nie.

Die Advertiser het op 12 April weer gaan ondersoek instel om te sien of die probleem wel opgelos is, maar gevind dat riool steeds by die mangat uitvloei, in die oop veld versamel en afvloei in die Vaalrivier in.

Sy het egter gesê dat instandhouding gedoen moet word sodat die riool doeltreffend vloei, maar geen tydraamwerk is hieraan gekoppel nie.

Me. Mtshiselwa verwys dus na die pompstasie wat herstel is en alvorens instandhouding nie gedoen is nie, sal riool steeds die Vaalrivier besoedel.

Lees die opvolgberig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button