CrimeNews

Paramedikus fnuik kapingpoging net buite Standerton

Sy het geen onraad vermoed totdat die verdagtes uit die stilstaande voertuig gespring en vuurwapens op haar gerig het.

Me. Susan Mocke, ’n paramedikus van Jeria Ambulansdienste, was op 12 April onderweg van Bethal na Standerton toe vier gewapende mans haar probeer oorweldig het.

Sy was in aantog na die stopstraat by die kruising om regs na Standerton te draai en het ’n voertuig opgemerk, wat al vier flikkerligte aangehad het.

Lees ook:  UPDATE: Two more Standerton police officers hand themselves over

Sy het geen onraad vermoed totdat die verdagtes uit die stilstaande voertuig gespring en vuurwapens op haar gerig het nie.

’n Vyfde verdagte was die voertuigbestuurder.

Me. Mocke het getraumatiseerd vertel hoe sy die brandstofpedaal getrap en begin ry het en vermoed dat sy iets of iemand gestamp het, maar kon nie met sekerheid sê wat dit was nie.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button