CrimeNews

Jacques Venter sterf aan vergroeisels en saak teen sy eksvrou duur voort

Juanita Venter en Omega Schoeman se saak uitgestel tot Augustus.

EVANDER – Mnr. Jacques Venter, die slagoffer in die saak van sameswering tot moord teen sy eksvrou en haar vriend, is Saterdagmiddag (28 April) in ’n hospitaal in Pretoria dood.

Na wat verneem word het mnr. Venter Woensdag, 25 April reeds begin sleg voel en is Donderdag in die hospitaal opgeneem.

Hy is glo dood aan vergroeisels op sy pankreas wat gebars het.

Begrafnisreëlings was nie teen druktyd bekend nie.

Hy word oorleef deur sy drie kinders wat onderskeidelik agt, nege en 11 jaar oud is.

Insussen duur die saak van sameswering tot moord teen sy eksvrou, me. Juanita Venter, en haar vriend, mnr. Omega Schoeman, ’n oudpolisieman, voort in die Evander Streekshof.

Mnr. Jacques Venter is Saterdag, 28 April dood aan vergroeisels in sy pakreas wat vermoedelik gebars het. (Foto: Facebook)

Hulle het Dinsdag, 24 April verskyn op aanklagte van sameswering tot moord nadat hulle op 1 Augustus 2016 op Secunda in hegtenis geneem is nadat die polisie lank na hulle gesoek het.

Hul saak is tot 27 Augustus uitgestel.

Mnr. Schoeman en me. Venter het ’n oudpolisieman, mnr. Paul Carr, gehuur om mnr. Venter dood te maak.

Lees ook: Plaaslike paartjie verskyn weer in hof vir sameswering tot moord op boer

Hulle sou mnr. Carr glo R10 000 vir die moord betaal het en mnr. Carr het in Oktober 2016 na mnr. Venter se plaas buite Leandra gegaan en toegang tot die huis probeer verkry.

Hy is egter betrap toe die honde begin blaf het en mnr. Venter hulp ontbied het.

Mnr. Schoeman is in hegtenis geneem en het in Junie verlede jaar in die hof skuld erken op ’n aanklag van sameswering tot moord.

Hy is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is.

Hy is nou die hoofgetuie in die saak teen me. Venter en mnr. Schoeman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button