CrimeNews

[OPVOLG] Kriel-boer ondergaan operasie na skietvoorval

Polisie en blitspatrollie neem twee vermeende motorkapers in hegtenis

Mnr. Pieter Prinsloo, ’n voorman op ’n plaas buite Kriel, moes vanoggend ’n operasie ondergaan nadat hy gister (3 Mei) deur ’n motorkaper in die arm geskiet is.

Hy is in die Mediclinic Highveld opgeneem en dokters het die koeël uit sy voorarm verwyder.

Lees ook: Kriel-boer in arm geskiet toe polisie vermeende kapers agternasit

Volgens konst. Cathrine Mahlakoane, skakelbeampte van Kriel Polisie, het drie mans gister ’n Toyota Tazz of Conquest op Springs gekaap en na Secunda gery.

Die blitspatrollie van Secunda het hulle glo agterna gesit toe hulle het in Kriel se rigting gevlug het

Kriel Polisie het ook ingegryp en die drie mans het naderhand die voertuig langs die pad gelos en te voet gevlug.

Mnr. Prinsloo het op die plaas met sy bakkie van die stroper af na die stoor gery toe die bakkie se venster breek. Hy het twee van die kapers vanuit die bosse sien skiet en dadelik sy vuurwapen uitgehaal.

Hy het eers besef hy is in die voorarm geskiet toe hy nie sy vingers kon gebruik om die vuurwapen te hanteer nie. Hy het daarin geslaag om wel terug te skiet en het een van die kapers in die arm gewond.

Die polisie en die blitspatrollie was kort daarna op die toneel en het twee van die drie kapers in hegtenis geneem.

Die derde een het weggekom en die gewonde kaper is in die hospitaal in eMalahleni (Witbank) onder polisiebewaking opgeneem.

Die koeël wat uit mnr. Prinsloo se arm gehaal is, sal na die polisie geneem word om ’n saak van poging tot moord oop te maak.

Konst. Mahlakoane het gesê die polisie het twee vuurwapens op die toneel gevind en die gesteelde voertuig is ook deur die polisie weggeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button