MunicipalNews

OPVOLG: Riool agter moskee ontvang geen aandag van Lekwa

Intussen het die Lekwa Munisipaliteit skouers opgetrek en die probleem aan vandalisme by die pompstasie in Mullerstraat toegeskryf.

Die riool agter die moskee is ’n stinkstorie en die verskonings wat daarmee gepaardgaan, dra self ook ’n onaangename reuk.

Die Standerton Advertiser het op 5 April en weer op 30 April berig oor die riool wat agter die moskee versamel, onder die Meyerville-brug deurvloei en in die Vaalrivier inloop.

Riool borrel uit dié mangat.

LEES OOK: Vaalrivier vat groot slukke riool

Intussen het die Lekwa Munisipaliteit skouers opgetrek en die probleem aan vandalisme by die pompstasie in Mullerstraat toegeskryf.

Op twee geleenthede is daar na me. Thobeka Mtshiselwa, Lekwa kommunikasiebestuurder uitgereik, hoewel antwoorde op vrae vaag was.

Sy kon bevestig dat daar probleme by die pompstasie was, maar het ook aangedui dat dit sedert munisipale ingryping opgelos is.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button