SECUNDA – Hoërskool Oosterland se eerste rugbyspan het met 30-19 verloor teen Hoërskool Hoogenhout tydens ’n wintersportdag by Oosterland op 12 Mei.
Oosterland se tweedespan het met 31-5 gewen, die 0/16-span het met 40-12 verloor, die 0/15-span het met 44-10 verloor en die 0/14-span het met 31-28 gewen.
Albei Oosterland se 0/18A- en 0/18B-netbalspanne het verloor, terwyl die 0/16A- en B-spanne hul wedstryde gewen het met tellings van 19-7 en 8-6 onderskeidelik.
Die 0/15A-netbalspan het met 4-17 verloor en die 0/15B-span het met 9-8 gewen.
Die 0/14A-netbalspan het met 12-6 gewen en die 0/14B-span het met 7-1 verloor.
Oosterland se D0/16-hokkiespan het Hoogenhout met 3-1 geklop.
Lees ook: Van waaghalse tot skoonhede kan by Oosterland se Wieleskou verwag word
Oosterland se seunshokkiespanne het op 16 Mei met Morgenzon kragte gemeet en die eerstespan het met 8-0 gewen en Oosterland se 0/15-span het met 3-0 teen Hoërskool Secunda se 0/16-span verloor.
Oosterland se netbalspanne het op dieselfde dag met Hoërskool Volksrust meegeding. Die eerstespan het hul wedstryd met 21-8 gewen, terwyl die tweedespan hul vriendskaplike wedstryd met 7-10 verloor het.Die 0/16A-span het met 11-6 gewen, die 0/15A-span met 9-6 en die 0/14A-span met 19-1.





