Ligbron Akademie vir Tegnologie se seunshokkiespanne het ’n suksesvolle week agter die rug met al vier spanne wat hulle wedstryde oortuigend gewen het.
Die 0/14-span het Maandag, 28 Mei in Secunda teen Curro Secunda aan ’n vriendskaplike wedstryd deelgeneem en die wedstryd 4-1 beklink.
Die 0/16A- en B-spanne het Vrydag, 1 Junie onderskeidelik teen Hoërskool Evander en Hoërskool Standerton in ligawedstryde te staan gekom.
Die 0/16A’s het Evander se span met 4-1 geklop, terwyl die 0/16B-span Hoërskool Standerton met 4-1 geklop het. Hoërskool Standerton se eerstespan het onttrek en daarom het Ligbron se eerstespan die wedstrydpunt gekry.
Die 0/14-, 0/16A- en eerstespanne het almal deurgedring na die liga-uitspele wat op 9 en 16 Junie onderskeidelik by Penryn College, Hoërskool Nelspruit en Uplands College plaasvind.



