SECUNDA – Me. Hannie van Niekerk van Kinross VLU-tak het vroue van Secunda VLU-tak Woensdag, 6 Junie gewys hoe om blomme uit papier te maak.
VLU-lede brei poppies vir ’n organisasie wat teen mensehandel veg wat dié poppies dan by skole gaan uitdeel en bewusmaking van mensehandel gaan doen.
Die VLU gaan einde Augustus ’n stalletjie by die Laeveld Skou in Mbombela hê en Secunda-lede brei of hekel varkies wat hulle by dié skou en die jaarlikse VLU-kongres wat ook binnekort plaasvind, gaan verkoop.
Die geld sal aan die organisasie geskenk word om te gebruik vir brandstof wanneer hulle die gebreide poppies na die skole neem.
Secunda VLU-tak vergader weer op 18 Julie om 9vm in die Ark by die N.G. Kerk Goedehoop/N.G. Kerk Secunda-Oos.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel me. Elaine Koch by 082 462 5422.



