Local newsNews

Pieter lewer sinvolle bydrae in Kosmos Aftree-oord

Afhangende van hoe hy voel in die oggend, kan hy vinnig ’n breiblok kafdraf en heeldag daarmee besig wees.

Mnr. Pieter de Jager onderskei hom van ander pasiënte in die siekeboeg van die Kosmos Aftree-oord deur ’n tradisioneel vrouedomein ’n nekslag toe te dien.

Met sy breinaalde vorder die rooi, wit, blou en bruin blokkies fluks wat uiteindelik in ’n kombers gestalte sal kry.

Van ’n beenoperasie in 1972 tot sprake van ’n heupvervanging onlangs het hom gebring tot by ’n aanvaarding dat hy glad nie meer kan loop nie.

Of hy nou noukeurig ’n steek optel vir sy netjiese handewerk, of pluimpies uitdeel aan diegene wat dit toekom, hy is duidelik nie geneë met ’n slagoffermentaliteit nie.

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser van volgende week.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button