Local newsNews
Pieter lewer sinvolle bydrae in Kosmos Aftree-oord
Afhangende van hoe hy voel in die oggend, kan hy vinnig ’n breiblok kafdraf en heeldag daarmee besig wees.
Mnr. Pieter de Jager onderskei hom van ander pasiënte in die siekeboeg van die Kosmos Aftree-oord deur ’n tradisioneel vrouedomein ’n nekslag toe te dien.
Met sy breinaalde vorder die rooi, wit, blou en bruin blokkies fluks wat uiteindelik in ’n kombers gestalte sal kry.
Van ’n beenoperasie in 1972 tot sprake van ’n heupvervanging onlangs het hom gebring tot by ’n aanvaarding dat hy glad nie meer kan loop nie.
Of hy nou noukeurig ’n steek optel vir sy netjiese handewerk, of pluimpies uitdeel aan diegene wat dit toekom, hy is duidelik nie geneë met ’n slagoffermentaliteit nie.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser van volgende week.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



