NewsSchools

Ermelo Hoërskool se toneelgroepe presteer by ATKV-tienertoneel kompetisie

Hoërskool Ermelo het twee toneelstukke ingeskryf – Meisiekoshuis en “Update” wat deur mnr. Gustav Pöhl geskryf is

Die Ermelo-streekskompetisie van die ATKV-tienertoneel is vanjaar weer eens in die ouditorium van Hoërskool Ermelo aangebied.

Altesaam 16 toneelgroepe het vanaf 31 Julie tot 3 Augustus opgetree, terwyl die top vier produksies in die streekseindronde op 4 Augustus meegeding het.

Hoërskool Ermelo het twee toneelstukke ingeskryf, naamlik Meisiekoshuis en Update. Albei is deur mnr. Gustav Pöhl geskryf en het bronssertifikate ontvang vir die nuutgeskrewe teks. Me. Lizanne Dippenaar was die regisseur van Update.

Die stuk handel oor sosiale media wat ’n groot rol in die lewens van tieners speel.

Die karakter Kevin manipuleer al sy vriende se sosiale media-profiele totdat hy op die uiteinde kry wat hy graag wil hê, niemand anders nie as die beeldskone Jenny.

Luhan Meyer, GJ Swart, Junicke Broekman, Aloné Arnoldi en Rikus Cilliers het elkeen ’n bronssertifikaat ontvang vir hul spel en die stuk het ’n bronssertifikaat vir kostuums verwerf.

Meisieskoshuis, ook ’n EHS-stuk onder leiding van me. Mariana de Jager, het ’n derde plek in die streekseindronde gekry.

Die klug is tipies van wat gebeur tydens groentjieskonserte. Die onderskeie koshuise sal enige iets doen om te wen, selfs die teks van die ander koshuis steel.

Die Grotseuns en Paddatjies (gr. 8-seuns en -dogters) staan verstom oor al die koshuismanewales, terwyl die matrieks allerlei stuitige planne beraam.

Juffrou Walter en meneer Visser (koshuisouers) het ook vir ’n paar komiese oomblikke gesorg.

Sharné du Plessis en Ashton du Plessis het hulle uitstekend van hul taak gekwyt as klank- en beligtingoperateurs.

Meisieskoshuis het bronssertifikate vir regie, kostuums en stelontwerp ontvang.

Daar is bronssertifikate toegeken aan Nicole Smith, Theané Arnoldi, Charis Brundyn en Nicole Venter vir ensemble.

Zelné de Jager, Baruch Büchling, Gejhan Thyssen, Tjaart Eloff, Zara Büchling, Dané Thirion en Desmond Slabberts het elkeen ’n bronssertifikaart ontvang vir ensemble en spel.

Vandré Swart het ’n silwersertifikaat ontvang vir sy toneelspel.

Wilhelm van der Walt en Nico Scheepers was die beoordelaars en Saterdagaand het Cintaine Schutte en Vianney Farmer by Nico Scheepers aangesluit.

Ermelo Hoërskool se toneelgroep het sertifikate ingeryg tydens die ATKV-tienertoneelkompetisie wat in EHS se ouditorium aangebied is. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button