NewsSchools

Errie-landbouleerders besoek voerkraal

Die leerders het praktiese oefening gekry oor hoe om die kalwers voor te berei vir ’n voerkraal.

Ermelo Hoërskool se gr. 10-landbouleerders het Donderdag, 30 Augustus die geleentheid gehad om saam met mnr. Leon Saaiman by die Kleynhans-Voerkraal eerstehandse ondervinding op te doen.

Hulle het praktiese oefening gekry oor hoe om kalwers vir ’n voerkraal voor te berei.

Mnr. Henry Leonard, van Zoetis, het ook die leerders meer oor veemedisyne geleer en die produkte wat gebruik word.

Elke leerder het ’n kalf gekry om in te ent, te doseer en ’n oorplaatjie in te sit. Hulle het ook meer oor die algemene hantering van diere in ’n voerkraal geleer.

Die gr. 10-landbouleerders van Ermelo Hoërskool is Drean van Breda, Goodman Khumalo, Rohan Holtzhauzen, Luke Bulford, Christiaan van der Merwe, André Dale Groenewald, Diwan Saayman, Zander de Beer, Willie Harmse, Gawie Diederiks, Charles Randell, Rico Jordan, Jake Hoffeld en Geraldine Liebenberg. (Foto: Verskaf)
Rohan Holtzhausen tydens die landbou-uitstappie na Kleynhans-Voerkraal. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button