BETHAL – Die gemeenskap het Saterdag, 1 September na Bethaldam gestroom vir die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se pretdag en geldinsamelingsgeleentheid.
Die GPF het dié dag ten bate van die Bethal DBV gereël en ’n pretloop aangebied, asook ’n potjiekoskompetisie.
Mnr. Stephan Burger het die beste potjiepot gemaak en met sy hoenderpot gewen.
Mnr. Jaap Pretorius, GPF-voorsitter, het die gemeenskap vir hul ondersteuning bedank en gesê die dag was ’n groot sukses.
Hy het die borge vir die dag bedank:
Executive Sound, Sasol N17-vulstasie en Sasol-vulstasie, Klipfontein Deon Slaghuis, Bethal Wapens, High Line Paneelkloppers, Bethal Barbe Shop, Bethal Spar, Value Plus, North City, Purple Parrot, OK Grocer Bethal, Delacatesson, All in One Shop, Andre Riaal Joubert, Infinity Steelworks, Bethal Build It, Kukhona Group, Total Jan Mari, Pink Ladies, me. Marietjie Fourie, die Ridge Times, Mass Hire Secunda, Witbank en Middelburg, Langamed en die GPF-span.
“Die span het baie werk en ure in dié dag gesit,” het hy gesê.
Die GPF het R8 000 ingesamel waarvan R4 400 aan die DBV geskenk is.






