Local newsNews

Anna-Marie Kruger verloor stryd teen kanker

Vrou was passievolle onderwyser en het geleef vir die kinders.

SECUNDA – Me. Anna-Marie Kruger, adjunkhoof van Marietjieskool, is Vrydag, 7 September aan longkanker dood.

Me. Kruger het die afgelope 13 en ’n half jaar by Marietjieskool gewerk en is sowat drie jaar gelede met kanker gediagnoseer.

Die hoof van Marietjieskool, me. Mariane Ueckermann, het haar as ’n passievolle onderwyser beskryf.

“Die skool was haar lewe en sy het altyd alles gegee in dit wat sy gedoen het,” het sy gesê.

Me. Kruger se man, mnr. Theo Kruger, is op 3 Junie aan ’n hartaanval dood.

Die egpaar het op Bethal gewoon.

Marietjieskool se bestuur het op dié skool se Facebookblad geskryf dat hulle me. Kruger as ’ n sterk vrou sal onthou en een van daardie vroue na wie jy kyk, jou kop skud en wonder hoe sy alles gedoen kry.

Die inskrywing op die Facebookblad het ook gelui:

“Met An se pad die laaste drie jaar kon ons die volgende uit haar praat en leef wysword, niks gaan oor ons nie, alles gaan daaroor om ons roeping waarvoor God ons op die aarde geplaas het, te voltooi en dat die volheid van Christus oor jou en my gestalte aangeneem moet word sodat ons soos Hy kan dink, praat en funksioneer.

“As ons die lewensfilosofie van An se laaste paar jaar op aarde verstaan, sal alles begin verander.

“Niks is meer jy nie, God doen alles deur jou.

“Anna-Marie het nie toegelaat dat vrees die oorhand kry en wen nie.

“Sy het dapper geveg teen die kanker en tot op die einde het sy hoopvol vasgeklou aan die beloftes van Vader.

“Ons wonde is vandag rou en onaangeraak en slegs God sal die antwoorde en die genesing bring.

“Die mooi herinneringe aan An sal ons beskerm in hartseertye en ons sal môre opstaan en die lewe voluit leef, want An het ons geleer dat binne-in elkeen van ons bly `n sterk vrou, en ons mag nooit van haar vergeet nie.”

Me. Kruger se roudiens vind Donderdag, 13 September om 11vm vanuit die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button