OPVOLG: Publiek se vinnige reaksie verhoed inbraak by Game-sentrum in Ermelo
Een van die mans wat saam met die wag gevind, is die bestuurder van ’n wit volkswagen gholf, hy beweer dat hulle besig was om te werk in die omgewing waarna daar ’n vuurwapen op hulle gerig is en hulle saam met die wag vasgebind is.
Na lede van die gemeenskap Woensdagoggend, 29 Augustus om 5vm harde geluide in die Game-sentrum op Ermelo gehoor het, het hulle ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy in kennis gestel.
Die maatskappy het by verdere ondersoek die sekuriteitswag op die perseel saam met twee mans in die waghuis vasgebind gevind.
Daar was drie voertuie met onder andere televisies, oefentoerusting en sigarette met ’n geskatte waarde van R350 000 op die perseel gevind.
Daar word vermoed dat die verdagtes ’n deur aan die agterkant van die sentrum oopgesny het om toegang tot die perseel te verkry.
Omstreek 8vm dieselfde dag is drie verdagtes in hegtenis geneem. Twee is vrygelaat omdat hulle nie met die voorval verbind kon word nie.
Een van die mans wat saam met die wag gevind is, is die bestuurder van ’n wit Volkswagen Golf.
Hy het beweer dat hulle besig was om te werk en dat daar ’n vuurwapen op hulle gerig is en hulle saam met die wag vasgebind is.
Daar word vermoed dat die verdagtes onkant betrap is deur die vinnige reaksie van die veiligheidsmaatskappy en hulle het in die gekaapte Golf gevlug.
Die polisie versoek enige iemand met inligting, om adj.-off. R. Minaar te skakel by 017 8192321/8 of alternatief by 082 373 8389.




