Pieter de Jager se breipenne aan’t woel
Hy wil met ’n maatskaplike werker in aanraking kom om te reël dat die gebreide items aan crèches geskenk kan word.
’n Inwoner van die Kosmos Aftree-oord, mnr. Pieter de Jager, gebruik die tyd tot sy beskikking sinvol.
“Ek brei om my besig te hou en nie in ’n depressie te verval nie,” het mnr. De Jager gesê.
Hy het, soos voorheen berig, die tradisionele persepsie dat slegs vroue brei, ’n nekslag toegedien.
Die afgetrede veiligheidsbeampte se gesondheid het sodanig verswak dat hy verlede jaar sy intrek by die tehuis geneem word en word nou in die siekeboeg versorg.
Met die Standerton Advertiser se aankoms by die hoofingang, het een van die verpleegpersoneel opgemerk dat hy baie besoekers kry.
Mnr. De Jager het eers begin om rooi, wit en bruin blokkies, met die oog op ’n kombers, te brei.
Nou het hy sy kreatiwiteit vrye teuels gegee en selfs toiletrolle word met veelkleurige jassies omskep.
Pennehouers en vatlappies het ook aan die beurt gekom en die Platrand-tak van die Vroue Landbou-unie het van sy items verlede week by die skou uitgestal.
Nog ’n blink plan is om die sakkies, wat vroue tydens inkopies om hul nekke dra, te brei.
Hy wil met ’n maatskaplike werker in aanraking kom om te reël dat van die gebreide items aan crèches geskenk kan word.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.



