Local newsNews

Inwoners die josie in oor voorval by Grootdraaidam

’n Bakkie het sowat 100 meter van die paartjie gestop en ’n skoot is kort daarna gehoor.

’n Voorval by Grootdraaidam op Saterdag, 15 September het ’n hengelaar en sy vriendin dwars in die krop gesteek.

Hulle het omstreeks 6.30vm opgedaag en die man kon lyn natmaak, terwyl die vrou die buitelug geniet het.

Volgens die vrou wat verkies om anoniem te bly, het sowat 30 bleshoenders in die water geswem.

’n Bakkie het sowat 100 meter van die paartjie gestop en ’n skoot is kort daarna gehoor.

“Die meeste van die voëls het die lug ingevlieg,” het sy gesê.

Volgens haar, het hulle geskrik en die gevaar verbonde daaraan besef.

’n Bleshoender, met ’n pootjie wat gehang het, het na die oewer beweeg en op die gras gaan lê.

 

As jy meer inligting hieroor het, skakel me. Marina Schoombee, sub-redakteur van die Standerton Advertiser, by 017 712 2204.

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button